Logan's 1st Birthday

Lilypie First Birthday tickers

Jade's 5th Birthday

Daisypath Happy Birthday tickers

Will & Tash

Daisypath Anniversary tickers

Tuesday, May 4, 2010

Gelukkige Moedersdag aan al die spesiale Mamma's

Die is vir al die mammas wat hulle sterre vries op die metaal
paviljoen by die rugby of krieket wedstryd in plaas daarvan om dit van
die warmte van die kar sitplek af te kyk sodat as die outjie vra "Het
ma dit gesien" dan kan jy antwoord "Maar natuurlik, ek sal dit vir
niks in die wêreld mis nie" en dit bedoel uit hulle harte uit.
Dit is vir al die mammas wat honger bly sodat hulle kinders kan eet.
Dis is vir al die mammas wat hulle seuns leer kook en hulle dogters
leer om 'n goeie opstopper te kan gee.
Dit is vir elke moeder wie se kop outomaties draai as hulle 'n
stemmetjie hoor "mamma" sê in 'n winkel al het hulle nie hulle kinders
saamgebring nie - of hulle sit ver weg in die kollege
Dit is vir mammas wie se kinders die pad byster geraak het, en die wat
nie bereik kan word nie.
Vir al die mammas wat hull lippe byt tot dit bloei vir die 14 jarige
wat nou weer haar hare groen gaan kleur het.
Wat maak 'n goeie Moeder in elk geval?
Is dit geduld?
Is dit deernis?
Is dit die breedte van die heupe?
Is dit die vaardigheid om terselfdertyd 'n baba te voed, kos te kook
en 'n knoop aan te werk?
of is dit net eenvoudig haar HART?
Is dit die pyn wat jy voel as jy jou seun of dogter sien verdwyn om
die hoek oppad skooltoe - alleen - vir die eerste keer?
Is dit die paniek - jare later, om 2 uur in die oggend, as
jy wakker lê en wag om die gerustellende geluid van die sleutel in die
voordeur te hoor en te weet nou kan jy slaap, hulle is veilig onder jou
vlerk terug?
Of is dit die gevoel om te hardloop en jou kind 'n drukkie te gaan gee
as jy hoor van 'n brand, 'n kar ongeluk, of 'n kind wat sterwend is?
En ouer mammas wat moet leer om te laat gaan.
Vir werkende mammas en vir by-die-huis mammas.
Enkel mammas en getroude mammas.
Mammas met geld en mammas sonder geld.
Dit is vir julle almal. Vir ons almal. "hang in there"
Op die ou end doen ons die beste na ons vermoë.
Vertel hulle elke dag dat jy lief is vir hulle en vir hulle bid

"Dankie Liewe Jesus vir die voorreg om 'n Mamma te kan wees, dankie vir Jade en dankie vir U ongelooflike liefde. Help my om die beste Mamma vir Jade te wees, want sy verdien net die beste! In Jesus se naam alleen. Amen"

No comments: