Logan's 1st Birthday

Lilypie First Birthday tickers

Jade's 5th Birthday

Daisypath Happy Birthday tickers

Will & Tash

Daisypath Anniversary tickers

Wednesday, May 5, 2010

4 Generasies, Gelukkige Moedersdag Mammie en Oumie!


Mamma:
Baie baie gelukkige Moedersdag! Dankie vir die ongelooflike Ma wat mamma
vir my en Ian is. Dankie vir al die opofferings, dankie vir al die liefde
en bystand, ons is so bevoorreg om 'n Mamma te he met 'n hart van goud.
Mamma moet asb altyd onthou hoe ongelooflik lief ek en Ian is vir Mamma en
ek begin nie eers hoe lief Jadie is vir haar Ouma nie! Geen woorde kan
beskryf wat Mamma vir ons beteken nie!



"Liewe Jesus, dankie dat U my geseen het met so 'n wonderlike Mamma, ek
is so bevoorreg. Help en Lei my om dieselfde Ma vir Jade te kan wees as wat
sy vir my is. Jesus seen haar met geluk en liefde, want dis wat sy straal.
Ek vra dit alles in Jesus Christus se naam alleen. Amen"




Ouma:
Gelukkige Moedersdag Oumie!! Dankie vir alles wat Ouma vir my en Jadie doen. Ons waardeer alles so ongelooflik baie. Ouma is die rots van ons familie,
Ouma het my geleer die value van familie en dat mens ALTYD by jou familie
staan, maak nie saak wat nie. Ouma het my geleer dat mens kyk verby mense
se foute en sien die goed raak en wees lief vir hulle net soos hulle is. As gevolg van Ouma is ek 'n beter mens - Dankie en ek is onbeskryflik lief vir Oumie!



"Liewe Here, dankie vir Oumie, dankie vir die voorreg dat ek en Jade haar in
ons lewe het. Dankie vir mens wat sy is en dankie vir die Ouma wat sy is.
Jesus seen haar elke dag met liefde en mag sal altyd onthou wat sy vir
ons almal beteken. Ek vra dit alles in Jesus Christus se naam alleen. Amen"

No comments: