Logan's 1st Birthday

Lilypie First Birthday tickers

Jade's 5th Birthday

Daisypath Happy Birthday tickers

Will & Tash

Daisypath Anniversary tickers

Tuesday, September 20, 2011

Hoekom Glo Ek?



EK HET HOM NODIG, SO HIER IS MY ANTWOORD:


Ek glo in God, want partykeer is die wêreld so "awesome" en dinge werk so goed uit dat my siel uitroep vir iemand om voor dankie te sê.

Dan is dit Hy!


Ek glo in God, want soms is die berge en die sonsondergang en die wolke en die maan so mooi dat ek iemand nodig het om te prys.

Iemand moes dit gemaak het.

Dis Hy!


Ek glo in God, want partykeer gebeur goed wat so onbeplan is en so seer maak,en Dan voel dit of niemand verstaan nie, maar dan onthou ek die spykers in Sy hande en die Man aan die kruis.

Dan weet ek Iemand huil saam met my.

Dis Hy!


Ek glo in God, want partykeer is ek so deurmekaar en die lewe so sinneloos en my drome lyk onbereikbaar en dan het ek iemand nodig om saam met my die pad te stap en rigting te wys.

Dan is Hy daar!


Ek glo in God, want partykeer is ek so dom en ek doen sulke "stupid" goed en sonde mors my hart en my lewe so op en maak ander so seer, en Dan het ek nodig dat Iemand vrede en wysheid bring.

Dan is Hy daar!


Hy maak heel wat ek self verbrou het!

Hy bring genade selfs in seer wat ekself veroorsaak het!


Ek glo in God, want partykeer weet ek niks.
Ek het leiding en wysheid nodig in 'n deurmekaar wêreld wat ek nie verstaan nie,

en Dan skryf Hy vir my in die Bybel en ek lees Sy Woord en hoor Sy stem en dinge maak weer sin!


Ek glo in God, in Jesus, in sy Gees, want Hy's daar!Heeltyd! Altyd! In alles waardeur ek gaan en maak nie saak hoeveel keer ek dieselfde fout maak nie.

Hy is daar!


Ek glo in God, WANT EK SIEN NIE KANS OM OOIT ALLEEN TE WEES OF ENIGE IETS ALLEEN TE DOEN NIE.

Grissie Mommy to be 17 September 2011




























It was a Mommy to be party for an EXTRA SPECIAL MOMMY TO BE.


Grissie, ons hoop almal jy het die dag geniet, dit was so lekker om dit saam met jou te kon deel. Jy doen altyd eindelose moeite met al jou vriende en familie en ons hoop om deur die spesiale tyd in jou lewe vir jou dieselfde te kan doen, net sodat jy altyd onthou HOE LIEF ONS ALMAL JOU HET! Jy is 'n besonderse goeie vriendin vir elkeen van ons en daar is geen woorde om die dankbaarheid te beskryf wat ons almal voel om deel te kan wees van jou lewe en nou ook deel te wees van jou bondeltjie liefde wat oppad is. Geniet elke oomblik, jy verdien al die geluk in die wereld en dit is wat ons vir jou toewens, niks minder nie!


Dankie vir almal wat daar was en die dag ekstra spesiaal gemaak het vir Grissie, ek ken haar en ek weet hoe baie waardeer sy dit!


Elana aka Sus, dankie vir AL jou moeite, die oulike uitnodiging, met jou eie gediggie (you a poet and you didnt even know it...lol lol) Jy het die hele gebeurtenis bymekaar laat kom en dit was 'n groot sukses, BAIE DANKIE! Jy is 'n vriendin duisend!


Nanna, dankie dat ons Nanna se huis kon gebruik het, ek dink dit maak dit ekstra special! En ook vir AL Nanna se harde werk en moeite! Ek weet Grissie kyk vreeslik op na Nanna as 'n Ma en so ook die res van ons kinders, Nanna is so spesiaal vir elkeen van ons en 'n voorbeeld vir elkeen van ons. Baie baie lief vir Nanna en saam Nanna en Oom Tienie bly vir die Boetie se koms. Hy is so geseen om julle as Ouma en Oupa te he...OOOOOO en ek kan net DINK hoe bederf gaan hy wees!


Dan Oom Tienie...SJOE....DANKIE!! Ek dink Oom het die hardste en moeilikste werk gehad vir die dag gehad, om Grissie besig te hou van 10 uur to 3 uur, weet nie hoe het Oom dit reg gekry nie! Maar BAIE DANKIE! Ons is so lief vir Oom en dankie dat Oom altyd met soveel entoesiasme ons support in al ons lawwe girl tradisies, ons waardeer dit en weet ons kan altyd op Oom staatmaak!


Dit was 'n wonderlike dag, vir 'n besonderse mens, met baie spesiale mense!

Jade School Spring Walk 17 September 2011




















It was so cute! Jade had to walk 5 laps, after 3 laps she says, "My legs are paining now", so we said, dont worry Jade, you dont have to walk anymore. Oumie Nettie bought her an icecream, as soon as she got the icecream, she says: "Okay, now I can walk again" and so she did, she finished all 5 her laps.


Thank you Daddy for walking with her, you are a super star and the best Daddy in the world.


Thank you for each and every person who sponsored her, its wonderful to have friends and family that support Jadie in all her doings and activities. We are truly blessed with all of you.


Special thank you for Oumie Nettie and Granny Irene for being there and cheering her along.


Jadie: "WE ARE SO SO PROUD OF YOU!! YOU ARE OUR SUNSHINE! WE LOVE YOU FOREVER WITH ALL OUR HEARTS AND WE ARE SO GREATFUL THAT JESUS GAVE YOU TO US!"

Friday, September 9, 2011

GO Bokke!!!!




The cutest Springbok Supporter ever!


GO BOKKE!! We supporting you boys all the way!!