Logan's 1st Birthday

Lilypie First Birthday tickers

Jade's 5th Birthday

Daisypath Happy Birthday tickers

Will & Tash

Daisypath Anniversary tickers

Sunday, July 11, 2010

Liewe Jesus...


Jade het haar eerste gebedjie geleer die week. Sy se dit elke aand voor ons gaan slaap en daar is nie woorde om te beskryf hoe oulik dit is nie!

"Liewe Jesus ek is klein, maak my hartjie skoon en rein. Amen"

Jadie, Mamma is so onbeskryflik lief jou en ek is so trots op jou! Jy is kosbaar en onvervangbaar en die beste geskenk wat ek nog ooit ontvang het! Jy is nog so klein en jou gebedjie is maar net die begin van 'n wonderlike verhouding saam met Liewe Jesus en Mamma gaan jou elke dag vertel en wys hoe wonderlik Hy is en hoe lief Hy ons, sy kinders, het, en dat jy nooit alleen sal wees nie, want Liewe Jesus is altyd by jou, Hy leef in jou hartjie!

No comments: