Logan's 1st Birthday

Lilypie First Birthday tickers

Jade's 5th Birthday

Daisypath Happy Birthday tickers

Will & Tash

Daisypath Anniversary tickers

Tuesday, July 27, 2010

Gebed

O Here U is so getrou...Van die dag van my geboorte kyk U na my.
Alles wat ek het, het ek van U ontvang, en dit is ontelbaar! Ek sien, hoor,
kan dink en redeneer, gesels en lag. En as daar 'n traan is, is U
daar om te troos.

U is Groot en Magtig.
Here, U is my lewe, U sorg vir my. U het die aarde gemaak en alles
daarop en 'n Pragtige deel is vir my afgemeet...Dankie Vader. Elke dag is vol van U Genade; en dit is alles onverdiend.

Bly by my o Heer - nou en altyd. Amen.

"Ken die Here in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat wandel -..."

Spr. 3:6.

No comments: