Logan's 1st Birthday

Lilypie First Birthday tickers

Jade's 5th Birthday

Daisypath Happy Birthday tickers

Will & Tash

Daisypath Anniversary tickers

Friday, July 8, 2011

Oupa en Ouma se plaas



























Oupa en Ouma se plaas is onbeskryflike mooi....


Vol diertjies, van hasies tot volstruise en moet asb nooit vir Maggie die perd vergeet nie.

Dis soos 'n droomland vir kinders....veral kleinkinders, wat EKSTRA bederf word.


Maar die plaas se warmte kom nie alleen van die heerlike noord-weste se son nie, maar van diep in Ouma en Oupa se harte.


Oupa is altyd reg met 'n grappie.... sy warm hart skyn helder deur sy bree glimlag en trotse bors. Sy Kleindogters is verseker sy hart se punt en hy maak GEEN geheim daarvan nie.


Ouma se drukkies het geen einde nie...en jy kan haar ware liefde voel deur elke drukkie, elke keer (en natuurlik staan sy ook altyd reg met roomys....en 'n sweets laai wat vir niks skrik nie). Haar kleindogters is haar trots en ons kan sommer al klaar sien....hulle albei het haar om hulle klein vingertjies gedraai.


Jade en Lieschen is geseen met n Oupa en Ouma wat se liefde geen einde ken nie en se geduld nooit opraak nie (....en dis veral nodig...lol lol)


"Liewe Jesus, dankie vir Oupa Winston en Ouma Nella....hulle is sulke spesiale mense in elkeen van ons se lewens, dankie vir die Ouers wat hulle vir ons is en veral dankie vir die Oupa en Ouma wat hulle is vir Jade en Lieschen, seen hulle elke dag met liefde en geluk in oorvloed, en mag hulle albei NOOIT vergeet hoe lief ons almal hulle het nie. In Jesus se naam alleen. Amen"

No comments: