Logan's 1st Birthday

Lilypie First Birthday tickers

Jade's 5th Birthday

Daisypath Happy Birthday tickers

Will & Tash

Daisypath Anniversary tickers

Wednesday, February 17, 2010

Vingerafdrukke

Ek het die ongelooflike mooi gebed ontvang van 'n baie spesiale vriendin. Wil dit graag met almal deel, en ek bid dit vir elkeen van julle! Dankie Chantel! :-)

My Vingerafdrukke !
" Here, oral waar ek gaan laat ek vingerafdrukke na.
Op die hande wat ek aanraak, op borde, mure en boeke.
Daar is nie wegkomkans nie,
waar ek vat plaas ek 'n teken van my identiteit.
"Help my Here, om vandag waar ek ookal gaan
hartafdrukke na te laat..
Hartafdrukke van regverdigheid en deernis,
van begrip en liefde,
van barmhartigheid en belangstelling.
Hartafdrukke van hartlike vriendelikheid en
van opregte betrokkenheid.
Mag my hart 'n ander hart aanraak
en 'n afdruk van u liefde laat."
En as iemand sou sĂȘ:
"Jou aanraking het my vandag versterk"
laat hulle agterbly met die wete dat dit
U liefde was wat hul in my ervaar het."

Dit is my gebed vir almal wat ek ken!

No comments: