Logan's 1st Birthday

Lilypie First Birthday tickers

Jade's 5th Birthday

Daisypath Happy Birthday tickers

Will & Tash

Daisypath Anniversary tickers

Monday, June 18, 2012

'n Mamma

Wees verseker, daar is ‘n spesiale plek in die Here se hart vir ‘n mamma.

Dis is vir elke moeder wie se kop outomaties draai as hulle 'n

stemmetjie hoor "mamma" sê in 'n winkel al het hulle nie hulle kinders

saamgebring nie - of hulle sit ver weg in die kollege

Vir al die mammas wat hulle lippe byt tot dit bloei vir die 14 jarige

wat nou weer haar hare groen gaan kleur het.

Wat maak 'n goeie Moeder in elk geval?

Is dit geduld?

Is dit deernis?

Is dit die breedte van die heupe?

Is dit die vaardigheid om terselfdertyd 'n baba te voed, kos te kook

en 'n knoop aan te werk?

of is dit net eenvoudig haar HART?

Is dit die pyn wat jy voel as jy jou seun of dogter sien verdwyn om

die hoek oppad skooltoe - alleen - vir die eerste keer?

Is dit die paniek - jare later, om 2 uur in die oggend, as

jy wakker lê en wag om die gerusstellende geluid van die sleutel in die

voordeur te hoor en te weet nou kan jy slaap, hulle is veilig onder jou

vlerk terug?

Of is dit die gevoel om te hardloop en jou kind 'n drukkie te gaan gee

as jy hoor van 'n brand, 'n kar ongeluk, of 'n kind wat sterwend is?

En ouer mammas wat moet leer om te laat gaan.

Vir werkende mammas en vir by-die-huis mammas.

Enkel mammas en getroude mammas.

Mammas met geld en mammas sonder geld.

Dit is vir julle almal. Vir ons almal. "hang in there"

Op die ou end doen ons die beste na ons vermoë.

Vertel hulle elke dag dat jy lief is vir hulle en vir hulle bid .



"GOD catches you when you fall - and we all fall."


No comments: