Logan's 1st Birthday

Lilypie First Birthday tickers

Jade's 5th Birthday

Daisypath Happy Birthday tickers

Will & Tash

Daisypath Anniversary tickers

Tuesday, September 20, 2011

Grissie Mommy to be 17 September 2011




























It was a Mommy to be party for an EXTRA SPECIAL MOMMY TO BE.


Grissie, ons hoop almal jy het die dag geniet, dit was so lekker om dit saam met jou te kon deel. Jy doen altyd eindelose moeite met al jou vriende en familie en ons hoop om deur die spesiale tyd in jou lewe vir jou dieselfde te kan doen, net sodat jy altyd onthou HOE LIEF ONS ALMAL JOU HET! Jy is 'n besonderse goeie vriendin vir elkeen van ons en daar is geen woorde om die dankbaarheid te beskryf wat ons almal voel om deel te kan wees van jou lewe en nou ook deel te wees van jou bondeltjie liefde wat oppad is. Geniet elke oomblik, jy verdien al die geluk in die wereld en dit is wat ons vir jou toewens, niks minder nie!


Dankie vir almal wat daar was en die dag ekstra spesiaal gemaak het vir Grissie, ek ken haar en ek weet hoe baie waardeer sy dit!


Elana aka Sus, dankie vir AL jou moeite, die oulike uitnodiging, met jou eie gediggie (you a poet and you didnt even know it...lol lol) Jy het die hele gebeurtenis bymekaar laat kom en dit was 'n groot sukses, BAIE DANKIE! Jy is 'n vriendin duisend!


Nanna, dankie dat ons Nanna se huis kon gebruik het, ek dink dit maak dit ekstra special! En ook vir AL Nanna se harde werk en moeite! Ek weet Grissie kyk vreeslik op na Nanna as 'n Ma en so ook die res van ons kinders, Nanna is so spesiaal vir elkeen van ons en 'n voorbeeld vir elkeen van ons. Baie baie lief vir Nanna en saam Nanna en Oom Tienie bly vir die Boetie se koms. Hy is so geseen om julle as Ouma en Oupa te he...OOOOOO en ek kan net DINK hoe bederf gaan hy wees!


Dan Oom Tienie...SJOE....DANKIE!! Ek dink Oom het die hardste en moeilikste werk gehad vir die dag gehad, om Grissie besig te hou van 10 uur to 3 uur, weet nie hoe het Oom dit reg gekry nie! Maar BAIE DANKIE! Ons is so lief vir Oom en dankie dat Oom altyd met soveel entoesiasme ons support in al ons lawwe girl tradisies, ons waardeer dit en weet ons kan altyd op Oom staatmaak!


Dit was 'n wonderlike dag, vir 'n besonderse mens, met baie spesiale mense!

No comments: