Logan's 1st Birthday

Lilypie First Birthday tickers

Jade's 5th Birthday

Daisypath Happy Birthday tickers

Will & Tash

Daisypath Anniversary tickers

Thursday, November 12, 2009

Gebed

In die Naam van Jesus, dankie vir hierdie dag.
Dankie dat ek kan sien, dankie dat ek kan hoor.

Ek is só geseënd omdat U vergewe en verstaan.
U het reeds so baie vir my gedoen en nog steeds seën U my.

Vergewe my in hierdie dag,
want ek het alweer gesondig.
Bewaar my van gevaar en seerkry.
Maak my positief en vol begrip en deernis

Help my om in hierdie dag my beste te gee
Open my ore, sodat ek U stem kan hoor,
Open my oë, sodat ek U werke kan sien
en maak my gehoorsaam aan U Woord

Leer my om my besig te hou met dit wat ek
kan verander en die res aan U oor te laat

Leer my om sonde deur U oë te sien
en dit nét so te haat
en dadelik te bely en so vergifnis van U te ontvang.

En wanneer die wêreld my druk, dat ek sal onthou om soos Jesus te maak -
om ‘n stil plekkie te soek om U raad te vra -
veral as ek voel ek het nie meer raad nie.


Ek weet - wanneer ek té ontsteld is om te bid, luister U na my gees en U antwoord.
Hou vol om U wil te doen, nie myne nie.
Hou vol om my te seën,
sodat ek ander tot seën kan wees.
Laat my U Woord onthou,
sodat ek dit aan ander kan uitdeel.

Ek bid vir dié wat verlore is
en U nie kan vind nie.
Ek bid vir hulle wat nie glo nie

Maar ek glo.
Ek glo dat God mense verander,
Ek glo dat God omstandighede verander.
Ek bid vir U en my broers en susters
in die Naam van Jesus.

Amen

No comments: